Tuis › Hoe ons help › Vir werkgewers
Vir werkgewers
Volledige hulp met menslike hulpbronne en die arbeidsreg vir klein en nuwe besighede in Nieu-Seeland.
Ons weet dit kan oorweldigend wees om jou pad deur die arbeidsreg en menslike hulpbronne te vind, veral as jy 'n klein besigheid of 'n nuwe besigheid het. Ons doel is om dit vir jou eenvoudiger te maak, sodat jou besigheid nie net aan die wet voldoen nie, maar ook 'n werkplek is waar mense floreer.
Beleide en kontrakte
Dokumente op maat wat aan die wet voldoen en wys hoe jou besigheid werk en waarvoor dit staan.
Wat jy as werkgewer bied (Employee Value Proposition of EVP)
Ons help jou om duidelik en oortuigend te sê waarom mense vir jou wil werk, sodat jy goeie mense lok en jou beste mense hou.
Prosesse vir menslike hulpbronne
Ons maak jou prosesse vir menslike hulpbronne (HR) doeltreffend en wettig – van iemand se eerste werksdag tot die dag wat hy of sy loop.
Werwing
Ons gebruik ons kennis om die regte persoon vir jou span te vind, iemand wat maklik by julle manier van werk inpas.
Dissiplinêre sake en griewe
Ons hanteer hierdie sensitiewe sake professioneel, sodat die uitkoms regverdig en wettig is.
Beter prestasie
Ons help jou met planne wat produktiwiteit verhoog terwyl jou mense steeds tevrede bly.
Jou naam as werkgewer
Ons help jou om bekend te staan as 'n werkgewer waarvoor goeie mense graag wil werk (employer branding).
Bemiddeling en die ERA
Ons begelei jou deur bemiddeling (mediation) en sittings by die Employment Relations Authority (ERA), met die oog op 'n goeie oplossing.
Uitplasing en oortolligheid
Ons help om oorgange met deernis en volgens die wet te hanteer, sodat dit vir almal so min stres as moontlik veroorsaak. Dit sluit uitplasing (outplacement) en oortolligheid (redundancy) in.
Kontak ons
Laat weet ons hoe ons jou besigheid kan help – bel of e-pos ons.
